ELF gr. 6- en 7-leerders van die Laerskool Cradock het aan die jaarlikse Wiskunde-In-Aksie-olimpiade, wat op 6 en 7 Augustus gehou is, deelgeneem.
Drie leerders het ook vir die Wetenskap-In-Aksie inge-skryf. Die standaard van die vraestelle was, soos in die verlede, baie hoog en die toppre-steerders word nie slegs op grond van die uitslag van die meervuldige keusevrae aangewys nie.
Die beantwoording van die langvrae is deurslaggewend in die keuse van die leerders wat as wenners aangewys word.
Jaco Slabbert van Cradock was deur die Akademie van Wetenskap en Kuns uitgenooi om op Saterdag, 15 September aan ’n pretdag vir 30 toppresteerders in die jaarlikse wiskunde- en wetenskapolimpiade, wat by NMU aangebied word, deel te neem.
Die skool is ook baie trots op Jandré du Toit wat die hoogste punte in die meervuldige keuse-vrae-afdeling ontvang het.