Wolmark sak terug met 2.6%

DIE wolmark het op 14 Februarie se veiling effens teruggesak en die Cape Wools Merino Aanwyser, teen 2.6% papper, het op min of meer dieselfde vlakke verhandel as twee weke gelede en gerealiseer op R184.96/kg skoonwol.


DIE wolmark het op 14 Februarie se veiling effens teruggesak en die Cape Wools Merino Aanwyser, teen 2.6% papper, het op min of meer dieselfde vlakke verhandel as twee weke gelede en gerealiseer op R184.96/kg skoonwol.

Hierdie week het fyn, lang Merinowol van 18 mikron en fyner 1.6% laer verhandel, terwyl die grootste daling, van 3%, op die 18-19 mikron en die 22 mikron groepe was. OVK/CMW se hoogste vetwol pryse op vandeesweek se veiling is behaal deur produsente met 16.5 en 16.0 mikron onderskeidelik.


Die drie top pryse op vandeesweek se veiling van OVK/CMW is behaal deur:

1. M.D. Du Plessis van Steynsburg, vir ’n 3 baal lot BH van 16.5 mikron, met ’n skoonopbrengs van 73.4% en ’n vetwolprys van R200.20/kg. Die koper was Standard Wool.

2. B.P. Greyling van Wakkerstroom, vir ’n 1 baal lot ANKS van 16.0 mikron, met ’n met ’n skoonopbrengs van 68.4% en ’n vetwolprys van R198.00/kg. Die koper was Standard Wool.

3. B.P. Greyling van Wakkerstroom, vir ’n 2 baal lot AFFY van 16.0 mikron, met ’n skoonopbrengs van 64.95% met ’n vetwolprys van R177.00/kg. Die koper was Standard Wool.

Hartlik geluk aan ons produsente met die puik prestasie en ons wil ons dank uitspreek vir u getroue ondersteuning. Ook wil ons die kopers bedank vir u ondersteuning.


Vooruitsigte:

Goeie kwaliteit wol het steeds baie goed verhandel, met Standard Wool en Modiano, wat die top pryse op die OVK/CMW veiling betaal het.

Ons verwag dat die tendens sal voortduur, omdat die vraag en kompetisie tussen kopers baie gesond is. Dit ook, te midde van die Australiese EMI aanwyser, ’n toonaangewende faktor in die wêreldmark, wat met 0.6%, effens hoër verhandel het.

Wat egter wel ’n rol kan speel in die prys op die kort tot medium termyn, is die posisie van die SA Rand teen die vernaamste wêreld geldeenhede, nadat die nuus gebreek het dat president Jacob Zuma, met onmiddellike effek bedank het.

Die posisie van die rand het oornag reeds met sowat 2% versterk teen die VSA Doller. Die hoeveelheid wol wat aangebied word, bly egter steeds onder druk en behoort die vraag te stimuleer.

  • Die volgende wolveiling het gister plaasgevind, waarop ongeveer 7 560 bale op katalogus 23, aangebied was.


Terminologie:

Fynheid – die term “spintelling” of mikron (mikrometer) word gebruik om die duersneë van die vesel te bepaal. ’n Mikron dui die deursnit aan as 1/1000ste van ’n milimeter. Die subjektiewe bepaling van fynheid geskied ook deur die maatstaf te gebruik van hoeveelheid kartels per 25mm en die sagtheid van hantering van die wol.

Die volgende klasstandaarde vir fynheid word gebruik:

BeskrywingFynheidsimboolMikron

SuperfynFF19 en fyner

FynF19.1 – 20

MediumM20.1 – 22

SterkS22.1 – 24

OorsterkSS24.1 – 27

Fynheid word ook objektief gemeet en dit is waar die variasiekoëffisient bepaal word, omdat die uniformiteit van fynheid, binne ’n lot, van groot waarde is by die verwerkingsproses.

  • Inligting verskaf deur Heinrich Victor, Operasionele Bestuurder Vesel OVK.

You need to be Logged In to leave a comment.