Wolmark sluit seisoen op rekordhoë prys

DIE wolmark het verlede week die seisoen op die hoogste prys ooit afgesluit met CH Wagenaar van Jamestown wat die seisoenale rekordprys van R230/kg vir ’n baal van 16,8 mikron behaal het.


DIE wolmark het verlede week die seisoen op die hoogste prys ooit afgesluit met CH Wagenaar van Jamestown wat die seisoenale rekordprys van R230/kg vir ’n baal van 16,8 mikron behaal het.

Die Cape Wools merino-aanwyser het met 2,3% en met 476 punte gestyg om op ’n gemiddelde waarde van R211,99 per kg (skoon) te sluit, aldus Louis de Beer, hoofbestuurder van Cape Wools.

Die grootste kopers op die veiling was G. Modiano (3 357 bale), Standard Wool (2 755 bale) en Tianyu SA Pty Ltd (1 783 bale). Van die 10 471 bale wat aangebied is, is 10 452 bale (99%) verkoop.

“Die mark is weer hoër gedryf deur die volgehoue sterk aanvraag vir gehalte lang en fynwol waarvan die plaaslike voorsiening beperk was ten spyte van die groter aanbod waarvan die meeste wol van mediumlengte en fyn was.

“Die swakker Rand het hierbenewens bygedra tot die verhoogde inkomste vir produsente. Hoede af vir Modiano wat, ten spyte van sterk mededinging, die meeste bale wat aangebied is, opgeraap het,” het De Beer gesê.

Die volgende veiling sal op 15 Augustus plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.