DIE Hoër Landbouskool Marlow het op 4 Augustus met 10 rugbyspanne teen die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar gespeel.
Die kragmeting het op Marlow se gebied plaasgevind met die Wolramme wat goeie hardlooprugby in al die wedstryde gespeel het.
Dit was ook Marlow se jaarlikse reünie-saamtrek waar baie opgewonde oudskoliere die skool besoek het.
Die hoofwedstryd het gesorg vir baie opwinding. Die Wolramme het reg van die begin af met fisieke rugby gewys dat hulle oorgehaal was vir hul laaste wedstryd van die seisoen. Marlow het die eerste drie van die kragmeting aangeteken, gevolg deur nog ses aanskoulike drieë om Marlow die oorhand te gee. Dit het veroorsaak dat hulle gevaarlike agterlyn behoorlik met die bal kon baljaar.
Marlow se drieë is deur Troy Delport, Ambesa Zenzile, Joop Pasques, Tian Pretorius, Francois Jordaan, Jaco Nell en Claude Jacobs gedruk. Drieë is verdoel deur losskakel Claude Jacobs wat met vyf uit ses doele geslaag het. Driekus Venter, Marlow se agsteman, het ook gemaklik geslaag met sy een doelskop.
Die Tiere kon net twee drieë druk. Die eindtelling was 50-12 in Marlow se guns.
Die dag se uitslae is soos volg:
Tweedes: Marlow 22-29 DP
Derdes: Marlow 24-8 DP
Vierdes: Marlow 45-20 DP
o.16A’s: Marlow 53-0 DP
o.16B’s: Marlow 15-7 DP
o.15A’s: Marlow 15-5 DP
o.15B’s: Marlow 31-12 DP
o.14A’s: Marlow 19-34 DP
o.14B’s: Marlow 17-25 DP