Zelda publiseer twee boeke

ZELDA Mans, wat in haar gesin bekend was as die een wat nie wou lees nie, is vandag die outeur van twee suksesvolle romans wat deur Lapa uitgegee is.


ZELDA Mans, wat in haar gesin bekend was as die een wat nie wou lees nie, is vandag die outeur van twee suksesvolle romans wat deur Lapa uitgegee is.

Die Hoërskool Cradock se Afrikaans-, geskiedenis- en aardryks-kunde-juffrou vertel dat sy altyd na stories wou luister, maar dat die heel eerste boek wat sy self ge-lees het, Hanna Hoekom van Marita van der Vyver was.

“Toe ek universiteit toe is, het daar iets baie ongelukkig in my lewe gebeur en ek het besluit dat die enigste manier wat ek daaroor sal kom, is om die storie neer te skryf,” het sy vertel.

Haar suster was só beïndruk met dié storie dat sy dit vir die uitgewers gestuur het.

“Die familie was baie trots toe My Hart se Lens, opgedra aan my ouma Lucy, op die rak verskyn het.”

Zelda hou steeds vol dat sy nie enige storie kan opmaak nie, maar uit ondervinding skryf. Haar tweede boek, Waar die Krieke sing, is ook ’n storie uit eie ondervinding. Die beplande nuwe boek, sover bekend as Die swye van Klara Joubert, vertel van die ondervinding van haar onlangse motorongeluk en al die interessante mense wat sy in die hospitaal ontmoet het.

Sy vertel dat sy op skool vir ’n rukkie kuns geneem het en nou weer begin skilder het as tydver-dryf. Sy neem ook musieklesse, iets wat sy nog altyd graag wou doen. “Skoolhou bring vir my baie genot, maar dit het my geleer dat jy nie net altyd ‘juffrou’ kan wees nie. Ek is heel ontnugter deur die omstandighede waarin sommige kinders bly en dat die klaskamer vir baie van hulle die enigte plek is waar hulle kan veilig voel,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.