ZENAY Jordaan van Van der Merwe Ge-denkskool in Midros, het die naweek vir die senior Sewes Springbok-damesrugbyspan in die 21ste Statebondspele in Australië gespeel.
Alvorens die damespan in Australië aan die Statebondspele gaan deelneem het, het hulle eers aan ’n toernooi in Hong Kong deelgeneem waar hulle in die eindstryd teen China verloor het.
Zenay se pa het met trots vertel dat sy dogter tydens die Statebondspele in Australië se laaste wedstryd ’n drie vir Suid-Afrika teen Kenia aangete-ken het.
Zenay was ’n leerder van die Middelland Senior Sekondêre Skool op Middelburg.
Sy speel reeds sedert 2008 Springbok-rugby en het ook al as kaptein van die Springbokke vir die Sewes en 15-span uitge-draf.